'n Rooi Brahmaanbul uit die Lared Brahmanstoet van mnr. Danie Botes is vir 'n rekordbedrag van N$ 115 000 aan mnr. Ernst Groenewaldt van Hochfeld verkoop.
Lared beskik oor net drie rooi stoetkoeie. Mnr. Linde du Plessis, Suid-Afrika se beesteler van die jaar vir 2012, het gesê dit is uitsonderlik om so 'n topgehalte bul uit 'n genepoel van net drie koeie te teel.
Du Plessis sê hy beskou die bul as een van die beste rooi Brahmaanbulle. Dit is 'n bewys dat Lared een van die Namibiese leiers in teling is.